Listen to "Vat die houe" here:
Music and lyrics: Pierre Rossouw / Ruan du Plessis / J Records Publishing
Director, editor and studio: Donovan Ekron @ VanEkronFilms
Producer: Ruan Josh Music
Marketing: The Marketing Zoo and CO Productions
Ruan Josh Exclusive Manager and Agent: Corné Oosthuizen @COProductions
Lyrics:
Kan jou die wêreld nie belowe nie
En ek belowe nie die wêreld nie
Ek kan vir ewig nie verseker nie
Want ek's verseker nie vir ewig nie
As ek verkeerd is kan jy my regstel
Want ek's reg om verkeerd te wees
En soos die goedheid in die sleg
Voel dit soms sleg om goed te wees
Beloftes maak is nie vir my nie
Maar ek sal nie ophou vir jou baklei nie
En wanneer hierdie hande net nie meer al die houe
Sal kan keer moenie dink ek sal nie weer probeer
En wanneer hierdie skouers net nie meer al die wig dra
Moet jy weet ek sal aanhou en weer probeer
Vat die houe
Die lewe spel nie soseer jou pad uit nie
En jou seerpad is nie die einde nie
Almal se woorde slaan nie huistoe nie
En jou huis is nie hulle woorde nie
Beloftes maak bring my nie nader
Ek sal aanhou ek probeer weer harder
Al skeur die grond se vastheid onder my voete uit
My kruis sal ek opvat en bly dra
Al sirkel die aasvoëls en die wolwe bly probeer
My oë sal op bly kyk...
![](https://i.ytimg.com/vi/93OLJ-U48SA/maxresdefault.jpg)