'n Film oor HA!MAN (Francois le Roux) se kort besoek aan die Wasgoedlyn in St. Rand wat sommer dadelik omskep is in die soektog na al die lekker klaviere wat beteken het dat ons wonderlike plekke soos Soul Café, Lionel Smit Studio, Triggerfish Brewing asook die Groenewalds moes besoek het. Hegte bande is gesmee en goeie musiek is gemaak saam met goeie vriende. Spesiale gaste soos Kristoe Strauss, Christoe Groenewald het saam musiek gemaak en grappe vertel en lekker gekuier. Langs die pad het ons Sebastion ontmoet wat ingespring het en saamgespeel het, want wat anders kan jy maak as die musiek begeester en die behoefte om by te dra oorneem? Wat 'n fees om te werk saam met die begeesterde Francois le Roux wat met sy musiek soos water vloei in almal se ore in reguit hart toe. Kom ontmoet vir die kreatiewe Gabba Kreepertrix wat saam met Francois een van die mees epiese klavierduette lewer. Uitmuntend.
Asseblief, as jy dit kan afknyp, maak asseblief 'n donasie aan HA!MAN hierso:
Bankdetails:
Name of account: Ha Man Creative Enterprises
Standard Bank, Melville Branch
Account no.: Cheque 201080060
Branch Code: 006105
Onthou jy kan meer van Francois se musiek op die Wasgoedlyn hoor hier waar hy met Vlaamse digter Joke Debaere werk:
[ Ссылка ]
HA!MAN is ook te hoor op Bacchus Nel se mees onlangste album "Ou Blou Skoene":
[ Ссылка ]
en HA!MAN speel ook op Wasgoelyn volume 2 en 3:
[ Ссылка ]
[ Ссылка ]
![](https://i.ytimg.com/vi/N4FQP-MwQYY/mqdefault.jpg)