Nico Schamrel plaas RIKU LÄTTI in die kollig en gesels oor Die Wasgoedlyn. Riku is 'n Suid-Afrikaanse musikant, skrywer, filosoof en filmmaker. Hy het die volledige filmpartituur vir Jans Rautenbach se film 'Abraham' gekomponeer.
In Suid-Afrika het Riku saamgewerk met supersterre soos Koos Kombuis, Laurika Rauch, Frazer Barry, Churchil Naudé, David Kramer, Stef Bos, Paul Riekert, onder andere. Sy liedjies is uitgevoer en opgeneem deur mense soos Karla du Plessis, Laurika Rauch, Bobby van Jaarsveld, die all-girl punk band The Pheobes, die jazz-groep Tsunami en Izak Davel.
Hy het ’n Suid-Afrikaanse rolprent- en televisietoekenning (SAFTA) gewen vir sy klankontwerp en bladmusiek vir Die Wonderlike Avonture van Hanna Hoekom.
Volg Riku op YouTube: [ Ссылка ]
VOLG DIE WASGOEDLYN: [ Ссылка ]
DIE BOEKEMAN word aangebied deur AllesAfrikaans en Ns. Skrywershuis (Uitgewer): www.nskrywershuis.co.za
AANBIEDER: Johan Allers
UITSAAITYD:
Coastal Radio | Sondae 16h00 - 18h00
Kaapstad Radio | Maandae 18h00 - 20h00
Ons saai ook uit oor Sabie Stereo, Vaal FM en Waterberg Stereo.
![](https://i.ytimg.com/vi/RKGgDLwgeaw/maxresdefault.jpg)