DRIE vermeende grootkoppe in die onderwêreld is Dinsdagoggend in hegtenis geneem en het vroeg in die Kaapse landdroshof verskyn.
Jerome “Donkie” Booysen, Mark Lifman en William Stevens se arrestasie kom nadat die nasionale vervolgingsgesag lasbriewe uitgereik het in verband met die moord op Brian Wainstein, die ou wat die bynaam “Steroid King” gehad het.
![](https://s2.save4k.ru/pic/Z0xdUVsVAQU/maxresdefault.jpg)