bron : Ousus
Here Jesus hou my vas
====================
Here ek is so swak en so alleen
Ek stry 'n stryd
'n stryd wat ek verloor
ek val al weer
en staan dan weer op
om weer te val
en dan weer op te staan
Hou my vas, Here Jesus hou my vas
ek vrees die duisternis want dit word nag
Hou my vas, Here Jesus hou my vas
By U alleen O Heer is al die krag
Vat O Heer my hand nou vas
my groot begeerte Heer is naby U
Hoor my stem O Heer ek roep na U
Waar is my hulp? my hulp is net by U
Hou my vas, Here Jesus hou my vas
ek vrees die duisternis want dit word nag
Hou my vas, Here Jesus hou my vas
By U alleen O Here is al my krag
Stuur Here U engel nou
Om 'n muur reg rondom my te bou
Strek uit U Hand O Here raak my aan
Dat ek weer Heer alweer op kan staan
Hou my vas Here Jesus, hou my vas
ek vrees die duisternis want dit word nag
Hou my vas Here Jesus hou my vas
By U alleen O Here is al my krag
Hou my vas Here Jesus hou my vas
ek pleit voor U O Here met elke las
Hou my vas Here Jesus hou my vas
Deur U genade is ek skoon gewas
Deur U genade is ek skoon gewas
![](https://i.ytimg.com/vi/_XfW-sIF5Bk/mqdefault.jpg)