Ons verstaan die heiligheid van seks in die lig van die potensiaal wat God daarin gebou het om ’n nuwe, ewige siel te skep. Ons verstaan dat die satan se strategie nog altyd was om God se bedoeling teë te werk deur goedheid en waarheid te korrupteer, mense te bedrieg en God se Woord te verdraai. Ons besef dat die Bybelse prentjie vir die uitleef van seksualiteit nie een is van heteroseksualiteit vs. homoseksualiteit nie, maar eerder ‘Heilige Seksualiteit’. God verklaar dat alle vorme van losbandigheid indruis teen sy prentjie van ‘Heilige Seksualiteit’ en dit is enige seksualiteit wat beoefen word buite die band van die huwelik: een man en een vrou word een vlees vir een leeftyd.
![](https://i.ytimg.com/vi/BSgm7JaQ7DE/maxresdefault.jpg)